Friday 29 November 2013

Hoekom kan mense God nie sien nie?


Baie mense vra die vraag, die antwoord is eenvoudig. Om God te sien moet mens na Jesus kyk.

Joh 1: 14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon, en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Enigegeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.

Ons almal weet  dat God, Jesus en Heilge Gees ‘n eenheid is, Jesus het vlees geword en op die aarde geleef, Hy was gesien deur mense, ons kan dus glo dat God bestaan en al sien ons Hom nie, sien ons Sy werke, genade en seeninge op die aarde.

Joh 14:9-12 Jesus se vir hom. Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Fillipus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe se jy: Toon ons die Vader?
Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie, maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Glo my dat Ek in die Vader  is, en die Vader in My, of anders, glo My terwille van die werke self.

Baie mense se hulle kan God of Sy werke nie sien nie
.
God is gees! Joh 4:24 God is gees, en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.  Maar dan moet ek by se dat baie mense God nie kan “sien” nie, of Sy werke nie kan sien nie, omdat hulle Hom nie wil sien nie. Sonde hou ons weg van God af, net soos die inbreker nie die polisieman gaan soek nie, so soek hierdie mense ook nie die aangesig van God nie.

Jesus se Open 3:20-22 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop, As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom ‘n maaltyd hou, en hy met My.
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos My Vader op Sy troon gaan sit het.
Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes se.

Wat ‘n mooi uitnodiging en belofte maak Jesus nie hier vir ons nie. Ons kan dus sonder twyfel sien dat God ons roep en met ons gemeenskap wil he, ons wil ken, help versorg ens. Maar ons moet die deur oopmaak sodat ons Hom kan sien in ons lewens.

Jesus Vrede
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...