Saturday 20 January 2018

My gestremde dogter, my geskenk van God




Goeie Dag... vandag wil ek skryf oor myself en hoe God elke slegte situasie ten goede kan verander. Chene my dogter het met geboorte breinskade opgedoen en ek kon die seer daarvan vir jare nie verwerk nie. Sy is amper 16 en vandag wil ek vir julle se sy is die grootste geskenk wat ek ooit kon kry. God het haar nie gestremdheid nie veroorsaak nie, die dr het....maar God het deur haar vir my gewys dat Hy God is!

Op die ouderdom van 1jr het medici gese sy sal nie loop nie, nie self kan eet of sit nie, sekere kos teksture nie kan sluk nie, nooit praat nie, nooit van doeke af wees nie en nog n lys verder. Sy het wat hul noem mixed muscle tone. Haar spiere trek te styf en verslap te veel.

Na die diagnose het ek vir 3dae myself en haar in die kamer toegesluit... al wat ek kon doen was huil en bid!! Was ek kwaad vir God? Baie beslis! Ek het met Hom baklei, Sy Woord teen Hom gebruik! Hom gevra waar is Sy beskerming? Waar was Hy toe sy gebore is? Hy is haar Skepper wat is Sy plan met haar lewe?

Vandag as ek terug kyk sien ek al my antwoorde... syt begin sit op 15mnde, geloop op 18 mnde, sy kan enige iets eet en haarself voer, sy kan nie net haar glas vashou nie maar ook haar eie koeldrank of melk ingooi, sy het n paar woorde wat sy perfek kan sê.

Hoekom deel ek dit vandag? Want ek wil getuig van iets dieper as wat die oog kan sien! Menslikheid en liefde!!

Kom ek vertel julle wie het God vir my gegee!

Chene is baie na aan my en tel my gemoed baie vinnig op. As ek kwaad is sê sy "shuut" en wys met haar hande soos jy vir iemand sal sê kalmeer, as ek huil sit sy haar armpies om my nek en druk haar kop teen my skouer asof sy se "dit sal okay wees", as ek siek is bring sy vir my water, asof dit my aan die lewe sal hou, en voel sy my voorkop om te voel of ek koors het, as ek slaap en sy sien die kombers is nie op my nie, maak sy my toe. As ek lag, lag sy saam, as ek bid maak sy die deur vir my toe, as ek stil is gee sy my n drukkie of kielie my dat ek moet lag.

Maar behalwe vir haar menslikheid is haar liefde onbeskryflik! Sy vra niks...sy gee!! God het Sy liefde aan my geopenbaar deur n kind wat in dade vir jou wys wat liefde en omgee is..."lief vir jou" het nog nooit oor haar lippe gekom nie, maar kom elke dag deur haar optrede! Dit is liefde onbeskryflik groot! Dit is God se liefde! Die liefde wat Hy nie vir ons elke dag hoorbaar sê nie maar vir ons wys! Deur haar voel ek elke dag Sy onbeskryflike groot liefde vir ons en kan ek Hom net terug liefhê en sê dankie dat ek nou eers verstaan waar Hy was met haar geboorte en wat haar doel op aarde is!

Ek glo al vir baie jare Jesus gaan haar ten volle genees tot eer en verheerliking van Hom. Mag Chene in en deur Hom verheerlik word wanneer Sy tyd reg is!

Dankie Vader dat U, U liefde vir my gegee het deur haar.

Wees geseend
Belinda

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...