Monday 15 January 2018

Die Begin!


Image result for Gen 1:1


Gen 1:1  "In die begin het God die hemel en die aarde geskape."

Hier aan die begin van die wêreldse jaar het ons dalk net nodig om ook weer kennis te neem van die begin van die Bybel.

Baie mense, insluitende Christene verstaan nie altyd hoe ‘n uiters belangrike vers hierdie is nie. Hoekom? Want satan weet as hy die mensdom kan kry om te twyfel aan hierdie vers, kan hy hulle kry om te twyfel aan die res van die Woord. En juis daarom word daar selfs in sommige kweekskole vir die studente geleer dat die boek van Genesis bloot ‘n “sameflansing” is van verskeie ander kulture se oer-ontstaansverhale en dat dit nie ‘n werklike geskiedkundige boek is nie.

Want as mens nie kan glo dat dit GOD is wat aan die begin die hemel en die aarde geskape het nie, hoekom sal ons glo wat Johannes 14:6 bepaal oor Jesus as die ENIGSTE weg na die Vader toe?

As ons nie Genesis 1:1 kan glo net soos hy daar staan nie, hoe kan ons glo dat 1 Johannes 5:7 waar is waar dit bepaal dat ons God ‘n Drie-Eenheid is? As ons nie Genesis 1:1 kan glo nie, hoekom sal ons glo dat ons moet klaarmaak met ons sondes? As ons nie Genesis 1:1 kan glo nie, waarom sal ons glo dat Jesus Christus enigsens bestaan het, aan ‘n kruis gesterf het, opgestaan het uit die dode en gaan sit het aan die regterhand van die Vader?

As ons nie Genesis 1:1 kan glo nie, waarom sal ons glo dat God getrou is aan Sy beloftes volgens Psalm 91 om ons deur die komende jaar te dra en te beskerm teen enige aanvalle of gevare?

En as ons nie Genesis 1:1 kan glo nie, waarom sal ons Openbaring 19:11 glo dat Jesus sal terugkeer uit die hemel uit, of waarom sal ons Openbaring 21 glo oor die nuwe hemel, die nuwe aarde, die nuwe Jerusalem, en die ewige heerlikheid saam met God?

Geliefde in die Here, maak seker dat jy in jou hart VERSEKERD is dat dit GOD is wat in die begin die hemel en die aarde geskape het, want as jy nie verseker is daarvan nie, gaan satan toelaat dat twyfel en ongeloof oor die res van die Woord, en enige beloftes van God, jou hierdie jaar gaan laat wegkwyn in jou geloof, want hy sal graag wil hê dat jy heeltemal moet wegval van God af. Moenie dit toelaat nie.


Gebed:

"Vader, ek kom nie U in die Naam van U Seun, Jesus Christus. Ek vra dat U my sal vergewe waar ek my in die verlede verlaat het op die opinie van enige ander mense oor die korrektheid en waarheid van Genesis 1:1. Leer my asseblief om in hierdie nuwe jaar U Woord as waarheid te aanvaar, te ervaar en toe te pas in my hele lewe, en om gehoorsaam te lewe aan elkeen van U opdragte. Sodat U daardeur verheerlik kan word in my lewe. In Jesus Naam. Amen."

 (tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...