Tuesday 5 May 2015

Waaroor gaan Pinkstertyd?


Image result for Spiritual images



Hierdie  Pinkster kan die grootste wonder wees wat jy as Gelowige al ooit beleef het. Die uitstorting van die Heilige Gees het destyds die eerste keer
plaasgevind en hoevele kere daarna. Pinkster gaan oor die Heilige Gees in jou lewe.. en gawes wat die Heilige Gees ons mee toebedeel. Gaan hierdie
Pinkstertyd binne vol verwagting want die HERE wil en sal jou ryklik seën. Bring all musiekinstrumente en blaas die ramshorings. Dis Feestyd!
Ons moet die Goddelike natuur deelagtig word
‘n Ware Aanbidder, Vol van die Heilige Gees en Eendragtig

Dit word vereis dat die ware aanbidders God in gees en in waarheid moet aanbid, want...
            “Daar kom 'n uur, en dit is NOU, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid (hoekom?); want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
            “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Daar is dus bidders asook ware bidders. Van die ware aanbidders word verwag om die Vader in gees en in waarheid te aanbid.

            Let nou op die volgende: “Jesus het VOL van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af...” Luk 4:1
            En: “Maar Stéfanus was VOL van die Heilige Gees en het die oë na die Hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.”
Hand 7:55
            Toe Barnabas in Antiochië aankom, was hy VOL van die Heilige Gees. Hand. 11:24.
            Daar is dus ook kere dat ons nie vol is van die Heilige Gees nie.

            Ons kyk ook na: “Hulle almal het EENDRAGTIG volhard in gebed en smeking...” Hand 1:14
            En: “En toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het, was hulle almal EENDRAGTIG bymekaar.” Hand 2:1
            Asook: “En dag vir dag het hulle EENDRAGTIG volhard...” Hand 2:46
            Verder: “En toe hulle dit hoor, het hulle EENDRAGTIG die stem tot God verhef...”Hand 4:24
            “En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal EENDRAGTIG saam...” Hand 5:12
            “En die skare het EENDRAGTIG ag gegee...” Hand 8:6
            “En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus (hoekom?), sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.” Rom 15:6
            Dit is dus duidelik dat ons eendragtig in alles moet wees, maar ons is soms nie eendragtig is nie, en soms is ons selfs in tweedrag.
            Dink bietjie... dragtig... eendragtig. ‘n Skaapooi word dragtig, ‘n swangerskap, behalwe, in hierdie Goddelike geestelike swangerskap, dra ons almal die swangerskap soos een... eendragtig!

            Die gemeente, hoe groot of hoe klein ook al moet noodwendig aan sekere vereistes voldoen: Hulle moet 1. Ware aanbidders wees, 2. Vol van die Heilige Gees en 3. Eendragtig.
            Wanneer hierdie drie aksies bymekaar is, dan is Herlewing voor die deur.
            “Daar kom 'n uur, en dit is nou...”

            Altesame 25% van die Bybel bestaan uit profesieë, terwyl sowat 90% van alle profesieë op die Eindtyd dui. Reg deur die Bybel gaan profesieë in vervulling. Vandag nog gaan hulle in vervulling en talle sal nog in vervulling gaan tot selfs nadat die Wederkoms van Christus plaasgevind het.
            Nou begeer die HERE ware aanbidders, vol van die Heilige Gees en Eendragtig bymekaar.

            Wanneer ware aanbidders bid, dan het die geskiedenis bewys is gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak.
            Vol van die Heilige Gees en Eendragtigheid het ‘n wonderwerkende spontaniteit en oorgawe tot gevolg soos in Efes 5:19-21
            “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike (in Hemelse tale) liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.”

            Die geesvervulde vroue sal  wees soos beskryf in Efes 5:22-24
Die geesvervulde mans sal wees soos vervat in Efes 5:25-33.
Geesvervulde diensknegte kan op vertrou word. Efes 6:5-8
Die geesvervulde, eendragtige, ware aanbidders sal die volgende karaktertrekke openbaar:

·       Hulle gemeentelike lewe sal geken word aan ‘n revolusionêre aanbidding;

·       Hul huislike lewe sal op Goddelike geestelike ordelike pilare gebou wees;

·       Hul sakelewe sal geken word aan eerlikheid, opregtheid en redelikheid, en

·       Hul openbare lewens sal gekenmerk word aan Goddelike liefde, deernis, ‘n hulpende hand, omgee.


So word bewaarheid: Soos in die Hemel, so ook op die aarde.

Wanneer daar nie ware aanbidders is nie, nie lewens vol van die Heilige Gees nie, en daar nie eendragtigheid is nie, dan kan dit om die volgende redes wees:

·       ‘n Gebrek aan liefde. 1 Kor 13:1-3

·       Onvergewensgesindheid. Mar 11:25-26

·       ‘n Ondankbare gees. 2 Tim 3:2

·       Bitterheid, toorn. Efes 4:31

·       Rebelsheid. 1 Sam 15:1-35

·       Ongeloof. 1 Jak 6-7

·       Plus vele ander klein jakkalsies wat die wingerd verniel.


Soek ons oplossings, soek ons antwoorde, en groei en vooruitgang en wonderwerke en ryke seëninge, goedheid en guns elke dag? Dan het die tyd NOU aangebreek om in Gees en in Waarheid te aanbid soos Ware Aanbidders, vol van die Heilige Gees en Eendragtig.

In die Heerlikheid, die Glorie, van God sal ons die bonatuurlike beleef. Jesus bid: “Ek het hulle (vir my en jou) die heerlikheid (die Glorie) gegee wat U aan my gegee het (waarom?), sodat hulle een kan wees… net soos Ons een is.” Joh 17:22
Wat ‘n verstommende, byna revolusionêre, verklaring!
Die, HERE, God van die Hemel, die grote en gedugte God, gee sy glorie aan sy seun Jesus Christus en Christus gee dit op Sy beurt –  daardie Goddelike Glorie van die Almagtige God –  aan my en jou. Ontvang dit. Beleef dit!
Ons is geskep om in God se Glorie te leef!
“Ek in hulle (in my en jou) en U in my (hoekom?) sodat hulle volkome een kan wees (hoekom?) sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het, en… hulle liefgehad het soos wat U my lief het.” Joh 17:23
God het ons geskep om in Sy teenwoordigheid te wandel (hoekom?) sodat ons Sy hart kan verstaan en sy Goddelike wonderwerkende krag kan beleef, sy Glorie te kan beleef (hoekom?) om ons lewens te transformeer.
“Immers, Sy goddelike krag het ons (hoeveel?) alles, geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het (hoe?) deur Sy heerlikheid (Glorie) en deug,
“waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het (hoekom?) sodat  julle  daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur (wanneer?) wanneer julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.
“Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.
“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
“Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige Koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.” 2 Pet 1:3-11

Ons moet deel word van die Goddelike natuur. Ons en ons lewens is dus baie nou verweef met die Vader, met Jesus, en die Heilige Gees. Dit is so nou verweef dat ons nooit geskei kan word nie.
Ons as Gelowiges verkeer in die mees belangrikste plek in hierdie ganse wêreld. Ons lewens is so dig verweef met Jesus dat selfs die wind nie tussen ons kan deurkom nie. Job 41:7
Eerbiedig hierdie voorreg en wees jaloers daarop en beskerm dit altyddeur. Gaan hierdie Pinkster voluit vir die Volle, Eendragtige Geestelike lewe. – Sjibbolet

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...