Monday 11 May 2015

Hoe weet ek dat my sondes regtig vergewe is?


Image result for person repenting 
Ons kry baie keer mense wat voel hulle het ‘n sonde gepleeg wat God hulle nie voor sal vergewe nie. Is dit so? Is daar iets in ons lewens wat ons nog nie vergifnis voorgekry het nie?

God sê oor en oor is Sy Woord dat Hy ons vergewe, maar behalwe dat Hy dit net sê sluit Hy ‘n Nuwe verbond met ons deur Jesus.
Heb 8:6-10 (verkort) Jesus word ons Hoë Priester en die Nuwe Verbond wat  God met ons sluit is dat in die Naam van Jesus sê God (12) “ oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit weer dink nie.

Lees ook  Heb 9:22 Dat God ‘n verbond van vergifnis met ons sluit deur die Bloed van Jesus.

Heb 9:14 Hoeveel te meer sal die Bloed van Jesus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien.
Jesus sê in Matt 9:6 “Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe.

PS 103:4-11  wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,  wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend. Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.  Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.  Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.  Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die orn behou nie. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.

 God het die mens lief met ‘n ewige liefde , ons is in Gees na Sy Beeld geskape, ons het ‘n gees-dimensie wat volgens God se beeld gemaak is, dit is ons godheid binne ons, ons kragbron waarmee God ons toegerus het om tot alles in staat te kan wees deur Jesus wat ons krag gee. Hy het ons Sy Gees gegee, om ons te leer en te herhinner aan sondes wat onbelyd is.

2 Sam 23:22  Die Gees van die HERE spreek in my, en Sy woord is op my tong.

As ons vergifnis vra vir ons sondes, sal God dit vergewe!
1 JOH 5:1-5  Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.  Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.  Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

As jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser, en as jy hou by die riglyne van God se Woord sal jou sondes vergewe en vergewe wees wanneer jy dit met berou bely het.

1 JOH 4:19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Hoe het sonde ‘n invloed in my lewe?
Dit kan jou laat doodgaan….nie net fisies nie maar ook geestelik. Gen 2 :17 en Eseg 33 :11
Dit blok jou gebede – Ps 66 :18
Dit is ‘n getuienis teen jou – Jer 14 :7
Laat jou skuldig voel -Ps 69 :6
Sonde laat jou wegkwyn -Lev 26 :36
Dit bring ‘n oordeel oor jou -2 Tes 2 :12
Dit gee satan mag oor jou lewe -1Joh 3 :8
Dit verhard jou hart – Heb 3 :13
Dit maak jou ‘n slaaf- Rom 6 :16
Sonde kan ‘n nasie in gevangenis sit- Amos 1 :3
Sonde gee satan ‘n wettige plek in jou lewe, en hy val jou aan, beinvloed jou lewe negatief,
maar jy het ‘n keuse!

Hoe raak ek van sonde ontslae in my lewe?
Erken (bely dit as sonde) –Jak 5:15 Bely julle sonde aan mekaar en bid daaroor.
Vergewe en vergeet – Mat 6:14&15 Vergewe ander sodat jy God se vergifnis kan ontvang
Vra God om jou te help (Ps 139:23&24) Ondersoek my hart en ken my denke!
Maak vrede met God  (2Kor 5:17) As iemand in Jesus is, is hy ‘n nuwe mens
Word bevry – Matt 12:43-45 Onrein gees wat uit gaan.
Ontvang God se genade -Joh 14:16,18 En Ek sal vir julle ‘n Trooster gee – Ontvang die Heilige Gees.

As jy jou sondes bely:
Sal God dit van jou verwyder –Hand 3 :19
Hy sal jou vergewe – Ex 34:7
Dit sal vergete wees Heb 8.12
Jou oortredinge sal bedek word -Ps 32 :1
Jy sal gered wees van jou sonde – Mat 1:21
Jy sal skoongewas wees – Efes 5:8
Jy word dood in sonde en leef in regverdigheid – 1 Pet 2:24

Jy word van vlees en gees geskei – Kol 2:13

Onthou wanneer God jou vergewe het, vergewe jouself ook. Die Heilige Gees sal jou herinner as jy sondes het wat onbeleid is, Satan is die een wat jou aankla as dit nog nie bely is nie...maak jou saak reg met God sodat jy oorvloedig kan lewe.

Vrede van God vir elkeen.

Jesus Liefde

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

1 comment:

  1. Dankie Abba Vader dat U, U Seun geoffer het vir my!!

    Groete Arthur

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...