Ons is so vinning om dokter toe te hardloop as ons
siek word (ek ingesluit), en dit is nie verkeerd nie, God het vir ons dokters,
en kennis gegee om ons gesond te maak, maar wat se God moet ons doen as ons
siek is?
Jak 5:14
(14)
Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente
inroep, en laat hulle oor hom bid nadat
hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
Hoeveel van ons gaan kerk toe vir
genesing? En wanneer iemand vir ons bid, glo ons dat ons werklik genesing
ontvang? Kyk wat se die volgende twee verse.
(15)
En die gebed van die geloof sal die
kranke red, en die Here sal
hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
(16)
Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige
gebed van ‘n regverdige het groot krag.
Ons het niks bereik in die lewe sonder
die genade van God nie, jou pos of amp wat jy beklee is vir jou gegee as jou
doel hier op aarde, ons is nie geroep vir die hemel nie, ons is gekies vir die
aarde, ons werk is hier, God het nie nog engele in die hemel nodig nie, nee Hy
het jou hier op die aarde nodig en Sy opdrag is om die Evangelie te verkondig
aan alle mense, is genesing nie deel van die Evangelie nie?
God sê:
Ex 15:26 “Ek is die Here wat jou gesond maak”
1 Pet 2:24 Deur die wonde van Jesus IS jy genees.
Mat 8:17 Jesus het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.
Gal 3:13 -14 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet, deur vir ons ‘n
vloek te word,
Ex 6:7 sodat die seën van Abraham na ons kan kom.
Wat is die seen van Abraham?
Gen 26:4&5 …. In jou geslagte sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat
Abraham na My stem geluister en My ordening, My gebooie, My insettinge en My
wette onderhou het.
Gebed:
Jesus Groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com