Monday 24 June 2013

Vaderliefde - Die afwesige pa in 'n kind se lewe


In die negentigs was die syfer vir pa’s wat afwesig is in kinders se lewens 60%, vandag is hierdie syfers seker baie hoer.

Die afwesigheid van pa’s in kinders se lewens het nie net ‘n inpak op die kinders se lewe nie maar ook op die gemeenskap ingeheel, en is besig om teen ‘n baie sterk tempo te styg.

Die uitwerking wat dit op die gemeenskap het is dat kinders nie meer verantwoordelikheid leer by vaders nie, nie grootgemaak word met gesag van ‘n ouer nie, nie leer wat reg en verkeerd is nie, nie die liefde van ‘n vader ken nie, en dit in die buite wereld gaan soek , hierdie kinders, is kinders wat rondloop met gevoelens soos depressie, verwerping, selfhaat, selfverwyt, rebellie, opstandingheid, ens.

Hierdie kinders is ook die kinders wat betrokke raak by drank en dwelm misbruik. ‘n Probleem wat die hele gemeenskap raak. Hierdie kinders word so afhanklik  van die
goed waaraan hulle verslaaf is dat hulle later begin inbreek en steel om geld te kry om hulle verslawing te kan bevredig.

Hierdie middels, sit hulle op so “high” wat veroorsaak dat hulle irrasioneel begin dink en optree, hulle doen goed wat hulle normaalweg nie sal doen nie, soos:

  • om seks te he met vreemdes, of met groep-seks betrokke te raak,
  • inbrake doen,
  • geweldadig word,
  • in gevegte betrokke raak, en
  • naalde deel om die dwelms in te kry wat kan lei tot siektes soos vigs ens.

Redes hoekom pa’s nie deel is van kinders se lewens nie:

  • Egskeidings is in vandag se tyd seker die grootste oorsaak van kinders wat sonder hulle pa’s groot word.
  • Die besoek ure een maal per maand begin ‘n gaping skep tussen vader-en kind. Vervreemding begin plaas vind, en in sommige gevalle waar die vaders net heeltemal wegraak en die kinders hulle nooit weer sien of weet waar hulle is nie.

  • Dood is ook ‘n groot rede van vaderlose kinders, en die kinders hou net ‘n vae herinnering van pa oor, met ‘n grafsteen om hulle te herinner dat hulle eens ‘n pa gehad het.

  • Die werkende pa, waar die pa in die huis is, maar nie deel is van die kinders se lewens nie. Pa’s in vandag se tyd moet soms oortyd werk om ekstra geld in die huis te bring, en baie pa’s werk op plekke waar hulle net een maal per week huis toe kom of soms erger net elke 3 maande vir 2 weke. Hierdie kinders kry nie toegang tot die pa se aandag nie, en al wat hulle kan doen is om aan die deur te klop en te wag dat die werk eendag opsy geskuif word sodat hulle kan aandag kry.

  • Hierdie kinders het ‘n vader, maar nooit ‘n “pappa” nie. 

  • Drank kan ‘n groot rol in die pa se lewe speel en die kinders het wel ‘n vader in die huis maar, waar die vader liefde, vertroosting, opleiding, en ‘n voorbeeld moet wees, word hy ‘n figuur wat die kinders vermy en vrees, en is dit ‘n vader waarop kinders nooit kan staatmaak nie.

(‘n Afwesige pa in ‘n dogter se lewe vervolg)

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...