Tuesday 27 March 2012

Vrou as Christen - Deel 3/3 - Gedrag van 'n vrou in vandag se lewe:

Woman in a gardenWoman in a garden (Photo credit: Wikipedia)












Gedrag van ‘n vrou is belangrik in vandag se lewe:

Danksy pornografie, seks en naaktheid op TV het ons vrouens ‘n “goedkoop” ding en bespotting geword in die samelewing. Mans het al hulle respek vir ‘n vrou verloor. As ons nou nog aantrek soos op die TV en in tydskrifte en half kaal wil rondloop moet ons nie kwaad word omdat ons nie gerespekteer word deur mans nie.  Vrouens moenie lag oor volgere seks praatjies wat oor vrouens gaan nie.

Mans het van vrouens ‘n seks-godin gemaak. Daar is wel ‘n seksgodin -  in satan se wereld, haar naam is Iris. Sy is ‘n heks wat verdeeldheid in huwelike veroorsaak, sy is ook die godin wat agter pornografie sit, “three-soms”, “swingers” ens. Om deel te he in enige van die bogenoemde gee haar toegang in jou lewe en huwelik. Sy is ook die grootste rede vir orgies,verkragting, guy-verhoudings en gang-rapes. In die okkultiese wereld word mense geoffer vir satan en een maal per maand hou hulle ‘n orgie in die kerk, of die persoon wat geoffer word, word ge-“gang-rape”. Om net gesprekke, gedagtes en grappe te he oor “three-somes” of “swingers” is okkulties en vervloek jy nie net jou eie huwelik nie, maar ook jou eie liggaam.

Dit het tyd geword dat vrouens moet saam staan en die respek wat ons as vrou verdien, wat God ons mee geskape het, en wat Hy beveel het ons moet he, terug te kry. God se vir die man om sy vrou lief te he, haar aan te hang, sy ouers te verlaat, en een te word met sy vrou, haar met respek te behandel, haar te vertroetel en te versorg. Nie om van ‘n vrou te praat as ‘n “seks-object” nie. Die gedrag van ‘n vrou word duidelik in die Bybel beskryf, en ons moet so begin optree want as ons dit nie doen nie, voorspel die Bybel in Daniel en Openbaring dat die vrou oneer sal word, m.a.w verkrag sal word en verneerder sal word. Kyk na die verkragting syfers in die wereld, wie moet ons bedank? Pornografie, seks en naaktheid op TV, tydskrifte en onsself.  Ons het dit aan onsself gedoen om dit toe te laat in ons huise, op ons TV stelle, om ons kinders toe te laat om daarna te kyk, om self half kaal rond te loop, om ons dogters toe te laat om ook so aan te trek en deur mans toe te laat om van vrouens te praat as vuil, goedkoop seks instrumente. ‘n Vrou se liggaam is veronderstel om net aan haar man bekend te wees, kyk hoe gaan dit met naaktheid op TV, die vrou se liggaam in die middelpunt van alles, mens kry skaars ‘n advertensie op TV wat nie iets te doen het met ‘n vrou wat verleidelik iets adverteer nie. Dan moet ons nie kla en kerm oor die verkragting syfers nie, want wat is ons aandeel in dit in die samelewing?

Die Bybel vertel ons dat ons die poorte van ons liggaam moet bewaar. Jou poorte is jou oe en ore. Doen ons dit as ons saam kyk, saam praat en saam lag?

Spreuke 31:10-31 – ‘n Goeie vrou volgens die Bybel

Wie sal ‘n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale.
Die hart van ‘n man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.
Sy is soos die skepe van ‘n handelaar – van ver af bring sy haar brood in.
En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisie.
Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd.
Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.

Enhanced by Zemanta

7 comments:

  1. As man stem ek 100% saam met wat jy se, vrouens se monde is al vuiler as mans sin, vrouens het hulle waarde verloor en trek aan soos goedkoop prostitute. Vrouens moet besef mans wil wonder hoe 'n vrou sonder klere lyk, dit maak haar bekoorlik, nie wonder hoe sy sal lyk as sy klere aan het nie. Kom dames trek kuis aan en leer julle dogters ook om reg aan te trek, daar is niks mooier as 'n goedversorgde en mooi aangetrekte dame nie, en julle sal verbaas wees hoeveel mans saam stem oor dit nie! Ja elke man sal kyk, maar nie elke man sal jou wil huis toe vat en jou sy vrou maak nie, nie hoe as jy so halfkaal voor al die mans rondloop nie want geen man soek 'n goedkoop vrou nie, al is jy nie goedkoop nie, lyk jy goedkoop-half kaal!

    ReplyDelete
  2. Dankie vir jou mening, veral omdat jy 'n man is waardeer ek dit dat jy iets oor dit gese het.

    Groete
    Belinda

    ReplyDelete
  3. Ek wil ook dankie se vir wat jy opgesit het, ek hoop mans en vrouens lees dit.
    Gerrie van Heerden

    ReplyDelete
  4. Dis nie afskryf van ouers nie, hy verlaat hulle net.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir die korreksie, jy is 100% reg, nie afskryf nie!!

      Delete
  5. Hi ware woorde. Ons moet ons ligaam bedek nie alles uit laat hang en goedkoop lyk nie. Bly daar is nog mans wat ordentelike vrouens waardeer. Baie dankie xxxxxx

    ReplyDelete
  6. Here hou my n rein vrou en net by U kniee . Maak my hande gewillige om te werk vir my huisgesin en familie wat U my mee gaan seen. Gee my die krag laat ek U woord verkondig en nie terug staan vir U wil. Help my en gee my die wysheid van bo om altyd te bid vir my man en nie op te gee in gebed verander sake. EK IS BLY VANDAG EK KEN N LEWENDIGE GOD.

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...