Tuesday 27 March 2012

Die vrou se rol as Christen-Deel 1/3

Sign for the Adam & Eve See 1040178.Sign for the Adam & Eve See 1040178. (Photo credit: Wikipedia)












Die vrou se rol as Christen word duidelik in die Bybel beskryf. God het vir Adam en Eva geskape. Hy het die man eerste geskape en hom dus die hoof gemaak oor die vrou.

Gen 2:19 – 25 lees ons van hoe die vrou gemaak is deur God. Die eerste vers waarna ons  kyk is vers 20. God het al die diere gemaak en dit vir die mens (Adam) gaan wys sodat hy hulle name kon gee, vers 20 maar vir die mens het Hy geen hulp gevind wat by hom gepas het nie.

(21) Toe het die Here God, ‘n diepe slaap op die mens laat val, en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.

(22) En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.

(23) Toe se die mens: Dit is nou eintelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.

(24) Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

(25) en hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hulle nie geskaam nie.

Ons almal ken die verhaal van die slang en die boom van lewe en dood en dat die slang die vrou verlei het en die vrou die man verlei het.

Satan (slang) het vir haar gese dat as hulle van die boom eet sal hulle soos God word en die veskil kan sien van wat goed en kwaad is, hulle oe sal oopgaan. Oopgaan vir wat? Sonde!

Nadat hulle van die boom “van lewe en dood” geeet het, het hulle bewus geword van hulle naaktheid en skaam gekry. Sonde het dit oor hulle gebring.  Adam en Eva het sonde gepleeg. Eva het vir die slang geluister en Adam vir sy vrou. Hy moes vir God geluister het, so hy het ook gesondig.

Kyk wat se God vir Eva is haar straf: Gen 3:15 Aan die vrou het Hy gese: Ek sal grootliks vermeerder, jou moeite en jou swangerskap, met smart sal jy kinders baar, en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers!

Ons sien dat reg in die begin van die mens se bestaan het God vir die vrou gese dat haar man oor haar sal heers. Met ander woorde die vrou moet onderdanig wees aan haar man.
Die man het ook pligte teenoor sy vrou in God se Woord maar vir nou doen ons net die vrou se pligte en christelike waardes.

1 Kor 11:3  Maar ek wil he dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van elke vrou, en God die hoof van Christus.


Die Vrou se plig in die kerk:

1Kor 14:34 en 35 Julle vroue moet in die gemeente swyg, want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook se,

(35) Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.

1Tim 2: 9 – 15

So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoenheid, nie met vlegsels of goud en perels of kosbare klere nie,

Maar soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.

Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.

Ek laat die vrou ergter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.

Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.

En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.

Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoenheid.

Volgens die Bybel mag vrouens dus nie preek, praat of sing in die kerk nie, vrouens mag ook nie die koor lei nie, of die hoof singer in die kerk wees nie. Sy moet onderdanig wees, stil wees en haar man volg.

Wat mag vrouens dan wel doen?

2Tim 3:15 en dat jy van kleins af die Heilige Skrifte ken,  Hoe en waar het Timoteus die Heilige Skrifte van kleins af geleer en geken? Die antwoord is in 2Tim 1:5 - Hy het by sy ouma Lois en sy moeder Eunice geleer.

Volgens die Bybel mag vrouens dus kinders leer. Hulle moet hulle eie kinders by die huis leer, soos gesien in die Pligte van die vrou hierbo, en hulle kan ook sondagskool klasse by die kerk doen.

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...