Thursday 16 February 2012

Hoekom verdra God satan, en verslaan Hy hom nie nou nie?

English: Satan as AntichristImage via Wikipedia






Baie mense vra die vraag: “ As God so Almagtig is, hoekom verslaan Hy nie vir satan as Hy sien hoe satan met Sy kinders mors nie?”

Eerstens, Jak 4:7 “Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug”

As God satan net verslaan, kan God ons liefde vir Hom nie toets nie, wanneer ons versoek word deur satan om te sondig en ons draai weg van die versoeking, bewys ons aan God dat ons Hom liefhet en dien. 

Dieselfde met wanneer oor deur moeilike tye gaan, wanneer satan ons aanval, dit is die tyd wat ons geloof in God getoets word, dit is wanneer God terug staan en kyk hoe ons optree en die situasie handteer! Vertrou ons dan meer op Hom? Beslis! En deur dit kan God ons vertroue in Hom sien!

As satan nie daar was nie, het ons nie vir Jesus nodig gehad om ons sonde te vergewe nie, het ons nie nodig gehad om Christelik te groei nie, en was ons nie bekroon, nie bloed-gekoopte kinders, Gees ingeworpe, of ergename van God nie!

As God vir satan nou verslaan, hou Hy nie by Sy Woord nie, en is die Bybel vals. God sal satan eers verslaan wanneer die einde van die wereld aangebreek het soos wat dit geskryf is in Sy Woord. God het ‘n getroue tydsberekening met hoe, waar en wanneer alles moet gebeur, en as dit voor die tyd gebeur kom Sy Woord nie in vervulling nie en is die Evangelie vals.

God se getrouheid aan tyd word bevestig in Gal 4:4 “Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun uitgestuur…..”, net so gaan God wag vir die volheid van tyd om satan te vernietig!.



Enhanced by Zemanta

1 comment:

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...