Tuesday 7 February 2012

Hoekom laat God toe dat slegte dinge met goeie mense gebeur?

Jesus calls Levi. From book: The Life of Jesus...Image via Wikipedia



Soms laat God toe dat versugting oor ons pad kom soos siektes, inbrake, ongelukke ens  sodat ons sterker kan groei in ‘n rigting wat God ons wil gebruik.

Ander kere, laat God dit toe om te gebeur omdat Hy wil he ons moet ‘n beter geestelike lewe lei en nader aan Hom beweeg en Hom leer ken.

God kan ook versugtinge toelaat om ons te leer om te bid en om op Hom te vertrou.

Ander kere laat God dit toe sodat Hy later verheerlik kan word wanneer die oplossing vir die probleem kom.

God kan ook toelaat dat dinge met ons gebeur sodat hy iemand anders se siel kan red. Byvoorbeeld, ‘n ouer word siek, en die kinders begin God se aangesig soek deur vir die ouer te bid.

Ander kere is die  versugting ons eie skuld, iets wat ons oor onsself gebring het en God laat toe dat ons deur dit gaan, sodat ons rein kan word binne ons, soos byvoorbeeld ‘n egskeiding. Dit was nie God se plan nie, maar ons eie optrede wat gelei het tot egskeiding en die seer daarna word dalk jare se pyn omdat God wil he ons moet rein staan voor Hom, en totdat ons nie geleer het wat God wou he ons moes leer nie, word ons nie beter nie.

Soms gebruik God seerkry en swaarkry om ons lewens skoon te maak van onreinhede, omdat God wil he ons moet meer heilig lewe.

En soms gebruik God hierdie swaarkry sodat ons Sy perfekte wil kan ontvang in ons lewens.

Ten slotte, God weet hoe om ons desperaat te maak, hoe om ons op ons knie te bring en daar te hou, hoe om ons afhanklik te maak van Hom, hoe om ons siele so dors te maak, dat ons uit skree “God, ek is hier! Waar is U?” En wanneer Hy weet jy is desperaat genoeg sal Hy intree en jou help. God se “Ek sal jou nooit verlaat nie” En Hy is nie ‘n leuenaar nie, Hy is elke tree saam met jou, leer om Hom te sien in jou lewe, al gaan dit hoe sleg.

Laat Job vir ons almal ‘n goeie leermeester wees!

Enhanced by Zemanta

1 comment:

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...