Wednesday 26 April 2017

Volg jy My?


 Image result for jesus carrying the cross


Joh 21:21  Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom?
Joh 21:22  Jesus antwoord hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.

Die hele wêreld het sopas weer paasfees gevier om te herdenk wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Sóveel mense het weer deur baie emosionele oomblikke gegaan tydens dienste wanneer hulle gedink het wat die Here in hulle lewens gedoen het en ander het weer trane weggevee terwyl hul moes luister na die uitbeelding van al die pyn wat Jesus moes deurgaan terwyl hulle Hom gemartel het. En dit alles het Hy uit liefde vir ons gedoen!

Persoonlik dink ek dat die seerste pyn wat Jesus moes deurmaak was toe Hy Godsverlate daar gehang het en moes uitroep: “My God, My God, waarom het U my verlaat!”  Omdat God sonde haat, kon Hy dit nie verdra om te sien hoé die sonde aan Sy eie seun gehang moes word aan daai kruis nie, en het Hy verkies om liewer Sy aangesig weg te draai van Sy eie kind af!

Tog sê die Bybel dat Jesus dit alles gedoen het “vir die vreugde wat Hom voorgehou is”:

Heb 12:2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Jesus was bereid om Godverlate te wees, sodat ek en jy nooit, ooit Godverlate hoef te voel nie! Hy het die volkome en volmaakte offer gebring, sodat elke mens wie bereid is om Hom as Verlosser aan te neem, met God versoen kan word en ons die oordeel van 'n Heilige God gespaar kan word!

Terwyl ek aan al hierdie dinge dink terwyl ek 'n diens van 'n vriend van my bygewoon het, kom die volgende gedagte by my op: As ons dan 'n Heilige God dien wie tot vandag toe nog die sonde haat, waarom volhard ons dan steeds in die moedswillige sondes? Waarom is ons fokus meer op wat in my mede- broer of suster se lewens aangaan, as wat ek op my eie wandel in Christus fokus? Ons is só geneig om ander te oordeel en kritiseer, dat ons vergeet om die balk uit ons eie oog te haal. Selfs nou in hierdie tye was daar sóveel optogte gehou met plakate wat sê: “weg met Zuma”, maar ek het nie een gesien wat sê: “Here, red sy siel”, nie. Is ons dan nou sonder sonde, dat ons die reg het om te oordeel? Terwyl die Woord sê dat die reddende genade van God aan almal verskyn het!

Tit 2:11  Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
Tit 2:12  en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Tit 2:13  terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,
Tit 2:14  wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

Dit is toé dat ek aan die bogenoemde vers uit Johannes herinner word, waar Jesus vir Petrus gesê het: “wat gaan dit jou aan...? Volg JY My!! Ek het toe begin wonder hoeveel mense gaan nog oor 'n week van nou af, steeds só emosioneel aangeraak wees oor wat Jesus vir hul gedoen het, want meeste gaan weer net terugkeer na “life as usual” toe.

Dit is tyd dat ons weer begin om onsself te beproef om te sien of ons nog in die geloof is en om 'n lewe van vrugdra te lewe, sodat ander kan sien dat daar 'n lewende Jesus Christus is wie opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel om die plek op Sy troon weer te gaan inneem!

Vader, vergewe ons dat ons só volhard in die sonde en dat ons die vrees van die Here verloor het. Vergewe ons dat ons meer op ander let as op onsself. Here, lei ons deur U Gees weer terug na U boesem toe, sodat ons 'n heilige lewe vol van die vrug van U Gees sal lewe en ander na U toe sal trek...in Jesus Naam, amen

(ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)
Geplaaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

Sò, moet ‘n man sy vrou liefhê


Image result for husband and wife

God se ideale situasie is dat die man die hoof van sy huis moet wees, maar meer nog, hy moet die priester van die huis wees, God se verteenwoordiger in die huisgesin. God hou die man verantwoordelik vir die geestelike welsyn van die vrou en die kinders.

            Mans verlaat hul ouerhuise om hul vroue aan te kleef en lief te hê. “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” Gen 2:24

            ‘n Man is die hoof van die vrou. “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.” 1 Kor 11:3

            Mans moet hulle vroue liefhê. “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.” Efes 5:25. ‘n Man moet sy vrou dus so liefhê dat hy bereid moet wees om homself te offer vir haar.

            Liefde gee die deurslag. Liefde is en bly die grootste Gebod. Met ware getroue liefde vermag mens enigiets, verskuif jy berge.

            Mans moet hul vroue eer. “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.” 1 Pet 3:7

            Let op: As ‘n man nie verstandig met sy vrou saamlewe nie en aan sy vrou as die swakkere een, eer bewys nie, word die man se gebede verhinder.

            Baie is altyd gou om strofes aan te haal dat die HERE ‘n mens se gebede beantwoord en dat mens kan vra net wat jy wil, maar hulle laat na om te besef dat die beloftes ook voorwaardes bevat.
            In 1 Pet 3:7 sê die HERE bv. Dat ‘n man se gebed verhoor sal word as hy verstandig met sy vrou saamlewe, as hy aan haar as die swakkere eer bewys.

            Mans moet beheer oor die huishouding neem. “'n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;
            “geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;
            “een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.” 1 Tim 3:2-4

            Let weer op: ‘n Man moet sy kinders in alle waardigheid... in onderdanigheid hou.” Nie met ‘n gevloek en ‘n geskel en dreigemente nie, maar in alle waardigheid.
            Waardigheidheid kweek liefde en eerbied. Enige ander manier is vernietigend.
            En strofes 12-13: “Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.

“Want diegene wat goed gedien het, verkry vir hulle 'n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.”
Net so die vroue ook. “Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadsprekers nie, nugter, betroubaar in alles.” 1 Tim 3:11.

Die vroue is ook die man se helper en die man mag dus sekere take aan die vroue delegeer. Onthou altyd, die man en die vrou is een vlees. Sodra hulle gemeenskap gehad het, is hulle een vlees. Matt 19:5-6
Ons is voorstanders daarvan dat pleks van geslagsvoorligting, daar gesinsvoorligting op skool moet wees, en op grond van die volgende:

“'n Opsiener (die hoof van die huis, die hoof van enigiets in die lewe) dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;
“geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;
“een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.
“Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?
“Hy moet nie 'n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.
“Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.” 1 Tim 3:1-7
Mans tree in die huwelik sonder dat hulle die vaagste benul het waaroor dit gaan.
Omdat die man die hoof van die huis is, is hy ook verantwoordelik vir alle besluite wat geneem word. Dit beteken nie dat vroue geen seggenskap het nie, maar dat hulle optree onder die sekuriteit van die man se gesag.

Dit is interessant om te sien dat mans hulle vroue moet liefhê. Dit is ‘n opofferende liefde.
“Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die (Koninklike) wet vervul.” Rom 13:8.

“Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Rom 13:9..

As jy jouself liefhet, respek het vir jouself, vir jouself omgee voor God en die mens, dan sal jy nie egbreek, doodslaan en dergelike dinge doen nie nie.

En weer ‘n keer: “Want die hele (Koninklike - Jak 2:8) Wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Gal 5:14

Het jy jouself lief? Hoeveel het jy jouself lief, ‘n bietjie of met jou hele hart? Kyk na die waarskuwing: “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.” Gal. 5:15

Liefde is en bly die Groot Gebod. Wandel in die ware liefde en daar sal nooit probleme wees nie. Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8

As ons nie onsself lief het nie, kan ons nie ons naaste liefhê nie, nie mekaar liefhê nie, dan doen ons nie goed nie. Naaste aan ons is sekerlik ons huismense.
Dat ‘n man sy vrou moet liefhê, is ‘n opdrag, ‘n Koninklike opdrag. Om daarin te kan slaag om so lief te wees, moet ‘n man sekerlik sy vrou wil liefhê.
As alle mans hierdie opdrag ter harte wil neem, dan sal dit alle struikelende huwelike oornag salf en regruk.

Onthou ook, die vrou is uit die man se ribbebeen gemaak, nie uit sy mond, of sy vuiste of sy voete nie, ook nie uit sy strydlustige gees nie. Uit sy ribbebeen beteken na aan sy, sy... koesterend, liefkosend, beskermend.
“So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
“want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.” Efes 5:28-29

Let weer op: Wie sy vrou liefhet, het homself lief!
‘n Man sonder ‘n vrou is nie volledig nie. Wanneer hy in die huwelik tree word hy eers volkome man.
Is hulle ‘n eenheid? Nee. Hulle kan nooit ‘n eenheid wees nie want elkeen het sy eie karakter en persoonlikheid. Eenheid beteken noodwendig eendersheid. So ‘n eendersheid huwelik sou ook maar eentonig gewees het.
Maar hulle kan eendragtig wees, vir seker. Die eendragtigheid word ook gesien in die kinders wat hulle in die lewe bring.
Die vrou moet haar onderwerp aan die gesag van die man. “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. (respekteer julle mans)
“Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
“Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.” Efes 5:22-24

Die egskeidingsyfer is Suid-Afrika is skrikwekkend hoog. Daar moet ‘n rede voor wees. Berading dui telkens op liefdeloosheid, soos wat sogenaamde Christene se liefde teenoor God ook verflou het.
Almal wat hieraan skuldig is, staan skuldig voor God! “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.” Heb 10:31

“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb 12:12-15

Friday 14 April 2017

Thank you Jesus

Image result for jesus carrying the cross

❤"Still He Walked"

He could hear the crowds screaming "crucify" "crucify"...
He could hear the hatred in their voices,
These were His chosen people.
He loved them,
And they were going to crucify him.
He was beaten, bleeding and weakened...
His heart was broken,
But still He walked.

He could see the crowd as He came from the palace.
He knew each of the faces so well.
He had created them.
He knew every smile, every laugh, and every shed tear,
But now they were contorted with rage and anger
His heart broke,
But still He walked.

He searched the crowd for a loving face and He saw very few.
Then he turned His eyes to the only one that mattered
And He knew that He would never be alone.
He looked back at the crowd...
At the people who were spitting at Him
Throwing rocks at Him and mocking Him
And he knew that because of Him,
They would never be alone.
So for them, He walked.

The sounds of the hammer striking the spikes echoed through the crowd.
The sounds of His cries echoed even louder,
The cheers of the crowd, as His hands and feet were nailed to the cross,
Intensified with each blow.
Loudest of all was the still small voice
Inside His Heart that whispered "I am with you, my Son",
And God's heart broke.
He had let His son walk.

Jesus could have asked God to end His suffering,
But instead He asked God to forgive.
Not to forgive Him, but to forgive the ones who were persecuting Him.
As He hung on that cross, dying an unimaginable death,
He looked out and saw, not only the faces in the crowd,
But also, the face of every person yet to be,
And His heart filled with love.
As His body was dying, His heart was alive.
Alive with the limitless, unconditional love He feels for each of us.
That is why He walked.

When I forget how much My God loves me,
...I remember His walk.
When I wonder if I can be forgiven,
...I remember His walk.
When I need to be reminded of how to live like Christ,
...I think of His walk.
And to show Him how much I love Him,
...I wake up each morning, turn my eyes to Him,
.......And I walk. ❤

Author Unknown

Monday 10 April 2017

Sy waarheid, my skild!


Image result for God se skild


Num 23:19  God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

Wanneer ons in 'n situasie kom waar ons geloof tot op die uiterste beproef word, vergeet ons so maklik die waarheid in die bogenoemde vers. Dit is vir ons veel makliker om vas te kyk in ons omstandighede of om te luister na ander se opinies, as om vas te hou aan die waarheid van God se woord. Ons word deur ons hele lewe só deur die vyand belieg om eerder in ons omstandighede vas te kyk en te reageer op dit wat ons kan sien, hoor, voel of proe dat ons heeltemal vergeet dat ons Koninkrykskinders is wat “in hierdie wêreld is, maar nie van hierdie wêreld nie”. Die realiteit is dat ons wapens het wat nie deur die mense van die wêreld verstaan kan word nie en dat ons geroepe is om anders te wees en op te tree!

2Kor 10:3  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
2Kor 10:4  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
2Kor 10:5  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

Om egter jou oog te kan wegdraai van jou omstandighede af en net op God se woord te fokus, verg 'n hoër mate van deursettingsvermoeë. Ons vergeet egter sô gou wat God in die verlede vir ons gedoen het en dat die Woord ook sê dat ons tot alles instaat is omdat Jesus vir ons die krag gee. Dit is eerder makliker om te sê dat ons nie kan nie of dat ons nie dieselfde mate van geloof het as die ander persoon nie. Die waarheid is dat ons almal dieselfde maat van geloof ontvang het, omdat ons almal die volheid van Jesus ontvang het toe ons Hom aangeneem het en Jesus kan nie kleingelowig wees nie! Die verskil lê dus in die keuses wat ek bereid is om te neem om my geloof te oefen, sodat ek ook soos die ander persoon sal kan vasstaan onder beproewing.

Daar is geen “witbroodjies” by God nie en die Bybel is duidelik dat God geen aannemer van die persoon is nie en ook nog nooit verander het nie! Só, wat Hy vir ander gedoen het, sal Hy ook vir my doen en dit is ons geloof wat die dinge wat Hy reeds gedoen het, uit die geesdimensie kan trek en laat manifesteer in ons fisiese omstandighede. God het reeds van die begin van die skepping af deur Sy woord, alles gespreek en geskep wat ek en jy nodig het om 'n lewe in oorvloed en oorwinnig te lewe. Met ander woorde, God het nie nodig om iets nuuts te spreek of te beveel wanneer ek en jy tot Hom nader oor ons situasie nie, Hy het dit reeds gespreek en ons het vandag die voorreg om dit in geskrewe vorm reg voor ons oë te hê...in die Bybel.

Selfs Jesus het nie nodig gehad om nuwe woorde te bedink toe Hy deur die vyand versoek is nie. Hy het bloot dit wat reeds gespreek was, aangehaal en die vyand het geen ander keuse gehad as om die aftog te blaas nie. Hy het geweet dat God nooit ooit Sy woord sal verander of aanpas vir enige iemand nie...selfs nie eers vir Sy eie Seun nie!

Jes 55:11  so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.


Psa 89:34  Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

Alles kom dus terug na 'n keuse wat ons as mens moet maak en waarop jy jou fokus plaas, is dit wat gaan bepaal wat die keuse is wat jy uiteindelik sal maak. Die Bybel sê dat God Gees is en dat ons Hom slegs in gees en waarheid kan aanbid, daarom is Sy woord ook Gees en die enigste manier wat jy dit 'n werklikheid in jou lewe kan maak, is deur geloof!

Vader van genade, vergewe ons dat ons te veel op mense vertrou en te min op die Een wat ons só lief het, dat U bereid was om te betaal vir ons lewens, deur U bloed. Heer Jesus, in hierdie tyd van paasfees bid ek dat U opnuut aan elkeen van U kinders sal openbaar wat die volheid is van dit wat U vir ons gedoen het deur te sterf vir ons aan die kruis. Dankie dat ons kan weet dat U uit die dode opgewek is en dat U lewe en dat ons daarom saam met U kan lewe. Omdat U lewe, is U woord lewe en ek bid dat U ons opnuut sal versterk en krag gee om eerder Ú woord te vertrou as op die woord van mense. Jesus, ek kies vandag lewe deur vas te hou aan die Waarheid...amen!

 (ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)

Thursday 6 April 2017

Spore van geregtigheid


Image result for psalm 23 in afrikaans

“Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van GEREGTIGHEID, om sy Naam ontwil....” (Psalm23:1-3)

Ons almal ken hierdie baie bekende woorde vanuit Psalm 23:1-3. Ek wil vandag net bietjie konsentreer op die sinnetjie wat sê: “Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil…”. Ek het ook ‘n DVD op die mark met die titel: “Wat is Geregtigheid?” Met die opstel daarvan het die Here my gewys dat ‘n losse definisie vir “geregtigheid” is: “God se manier van dinge doen.” Ongelukkig is die woord “geregtigheid” in van die nuwer Afrikaanse Bybelvertalings vervang met die woord “vryspraak”.

Die punt wat daardeur verlore gaan en wat mense dan nie verstaan nie, is dat vryspraak iets is wat ons ONTVANG VAN God, terwyl geregtigheid iets is wat ons DOEN VIR God. Daar is 322 tekverse in die 1933/53 Afrikaanse vertaling van die Bybel wat oor en oor bewys dat geregtigheid iets is wat ons moet DOEN, NADAT ons uit Sy genade gered is.

Om terug te kom na die teksvers waarop ek die week wil fokus, wys dit vir my dat God ons lei in die spore van “God se manier van dinge doen” om Sy Naam ontwil. Wat beteken dit dus vir ons? Dat indien ons lewe volgens Sy leiding in Sy Woord en Sy dinge begin DOEN, begin TOEPAS in ons lewens, dan word Sy Naam in ons lewens verheerlik.

Want dan kan mense na ons kyk en sê: “Waarlik, ek kan sien jy is ‘n kind van God, want jy tree anders as die wêreld op, jy tree op soos God.” Ons kan dus geregtigheid doen in alle aspekte van ons lewens, in ons huwelike, in ons verhoudings met ons kinders, in ons verhoudings met ons werksmense, in ons finansies, ensomeer. Ons moet net deurlopend vir God vra waar doen ons nog nie Sy geregtigheid nie, en deur die sagte stem van Sy Heilige Gees sal Hy stap vir stap vir ons wys op Sy spore van geregtigheid.

Almal van ons was al op die strand by die see. En ons het al almal gesien hoe ‘n pa en sy klein seuntjie op die strand stap, die pa met sy visstok oor sy skouer. Die pa stap rustig, fluit-fluit op pad na waar hy gaan visvang.  Dan sien jy die klein seuntjie agter sy pa, wat tong vasgebyt tussen sy tandjies, met sy kort beentjies van voetspoor tot voetspoor agter sy pa aan spring. Wat probeer hy doen? Hy probeer net in sy pa se voetspore loop!

Nou is my vraag, loop JY al in jou Vader se Voetspore van Geregtigheid? Doen jy al Sy geregtigheid in alle aspekte van jou lewe? Sodat Sy Naam verheerlik kan word in jou lewe?

Kom ons sluit af met die volgende teksvers, en dan vra ons onsself af of ons dit reeds doen?

“My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid DOEN, is regverdig soos Hy regverdig is. Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af… Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid NIE DOEN NIE, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.” (1 Johannes 3:7-10)

Ons wat dus sê dat ons uit God is, DOEN ons wel al God se geregtigheid? Want indien nie, kan ons volgens hierdie laaste vers nie regtig daarop aanspraak maak dat ons uit God is nie.

Gebed:

“Vader vergewe my my onkunde rakende U geregtigheid. Vergewe my dat ek nie altyd in alle aspekte van my lewe in U spore van geregtigheid gewandel het nie. Leer my asseblief om van vandag af U geregtigheid in my lewe te begin DOEN. In Jesus Naam. Amen.”

 (tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)


Vertrou God!!


Image result for psalm 23 in afrikaans 

Hab 3:17 - 19  “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie - nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.”

Elkeen van ons besef dat ons in moeilike tye leef. Die ekonomie is styf, finansies druk, daar is bekommernis oor die toekoms en oor veiligheid, ens, ens, ens. Ons kan baie vinnig ‘n lang lys maak oor hierdie tyd. Verder lees ek in die Bybel oor die eindtye en wat vooraf moet gebeur, en dit sien ek om my gebeur. Ek kyk na organisasies en kerke wat aksies beplan om te bid dat God ingryp en die situasie en omstandighede verander. Duisende op duisende mense woon byeenkomste by om Vader se aangesig te soek. Party is werklik ernstig hierin en ander gaan maar net om te kan sê: “Ek was ook daar.” Hoe ernstig en suiwer elkeen se bedoeling en lewe is sal hy of sy self voor God moet bely. Baie predikers en kerke verkondig teenstrydige boodskappe, wat hulle uit die Bybel regverdig. Dit laat mense stry en baklei en baie word mislei. Daarom is dit UITERS BELANGRIK in hierdie tyd om ag te gee op Efes 4:12 - 15  “om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,”. Daar is juis soveel dwaling omdat ons nie Skrifte ken en ook nie die krag van God nie. Mag die Heilige Gees jou dryf om self jou skrifte te ondersoek en die krag van God te ontvang.

Kom ons gaan terug na Hábakuk. Die Here praat hier van misoeste, geen bloeisels aan die vyeboom nie, geen vrug aan die wingerdstokke nie, teleurstellende drag aan die olyfboom, geen oes op die saailand nie, kleinvee wat uit die kraal gesteel word en geen beeste in die stal nie. In ons eie lewens het ons ook misoeste, toekomsplanne wat verydel word, finansies wat tot op die uiterste gerek word en inmekaar val. Huwelike wat deur moeilike tye gaan en soveel wat in die skeihof eindig. Hoop en vertroue wat verydel. Kinders wat teen ouers rebelleer en soveel wat in verslawings vasgehou word. Soveel veroordeling en verdoemmenis van mense. Elkeen van ons kan hiervan getuig, kyk maar net terug in jou eie lewe.

Nou het ek ‘n keuse! Ek kan heeltyd terugkyk na die misoeste in my lewe OF ek kan vorentoe kyk en staan op God se woord! In die boonste gedeelte lees ek nie dat dit net met my goed sal gaan nie. Daar sal moeilike en beproewende tye wees. Die vraag is egter, Hoe gaan ek dit hanteer? Hab 3:18 “NOGTANS sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.” Nogtans beteken ook TEN SPYTE VAN! Sal ek jubbel in die Here. Ps 9:15 sê: “sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.” So in moeilike tye het ek die keuse om te praat oor God se roemryke dade. Verder sê Ps 13:6 “Maar ek - op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.” Hier lees ek van vertroue op God. Dit is net hier waar soveel van ons struikel en te kort skiet. Hoe vêr vertrou ek God. Dit is nie so maklik om nog steeds onvoorwaardelik op Hom te vertrou as dit moeilik gaan nie. Hier het ons die Heilige Gees nodig om ons te help. Slegs met Sy hulp kan ons uitkom by
Luk 1:46 & 47 “...My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker;”.

Hab 3:19 “Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes.” Hierdie is die belofte van God. Om die belofte te verkry moet ek ook op Hom vertrou en Sy lof besing, ek moet groei in Christus, ek moet die hoogtes begin klim, so ek moet begin doen. Dan lees ek in Deut 33:29  “Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ‘n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.” Wat ‘n vooruitsig! Die oorwinning oor my misoeste en ook situasies.

“Here Jesus, help my asseblief deur die Heilige Gees om onvoorwaardelik op U te vertou en ook om te groei in U woord. Ek wil die Skrifte ken asook die Krag van God. Amen.”

 (cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...