Friday 1 January 2016

Kan my lewe verander?

Kers Versiering

Maak vandag, 'n dag in jou lewe vir nuwe dinge
Dinge van hoop en liefde en oorwinning in Jesus’ Naam.
Jou verlede met sy teleurstellings, foute, verkeerde keuses, ontnugtering en hartseer moet nou plek maak vir lente in jou lewe. Alles moet nuut word.
Sit al jou ou bagasie in 'n sak, in 'n groot sak, pak daai sak self, noem elke ding by sy naam wat jy daar in sit, moenie iets vergeet nie en sit dit vandag, sommer nou, by Jesus se voete. En sê vir HOM, "Ek is nou klaar met my verlede, my hartseer, my tekortkominge, my....... Dankie HERE dat U vir my voorspoed beplan en ek vat dit. En ek dank U daarvoor. En as ek enige tyd weer terug kyk na my ou sak, herinner my asseblief dat ek klaar is daarmee."
"En ek het 'n nuwe Hemel en nuwe Aarde gesien...die Heilige stad, die Nuwe Jerusalem... en HY(die HERE) sal by hulle (ons) woon... En God sal al die trane van hulle (julle) oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie."
"Kyk, Ek maak alles nuut."
"Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die Lewe, verniet. Hy sal oorwin, sal alles beërwe; en ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun, ‘n dogter, wees." Openb 21:1-7
Maak vandag, die eerste dag van die res van jou lewe, pak daai sak en moenie weer terugkyk nie.
Hou vas aan God se belofte vir jou lewe: Net Sy Goedheid en Guns volg jou in 2016.

Kers Versiering

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...