Heb
12:15 Pasop dat niemand in die genade van
God veragter nie, dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en
baie hierdeur besoedel word nie.
Langdurende
bitterheid kan lei tot woede en vyandigheid wat mens fisies siek kan maak as
dit sterk genoeg is.
Bitterheid
beskuldig ander vir omstandighede. Bitterheid is anders as om spyt te wees oor
iets. Om spyt te wees, blameer jy jouself oor goed. “As ek maar net….” Of “Hoekom het ek nie maar net…” waar bitterheid ‘n
woede, onvergewensgesindheid, afkeer, en selfs moord gevoelens teenoor ‘n ander
kan hê.
Bitterheid sê”
Ek
sal die persoon nooit vergewe nie. - Dit hou boek!
Ek
hou nie van jou nie – Afkeer in die persoon begin plaasneem.
Ek
sal jou terug kry – Jy gaan betaal vir dit!
Begin
die persoon slegsê en beskinder
Begin
haat met ‘n passie – Ek verag jou!
Klap
of slaan persoon met vuis of emosionele geweld – vloek en skel.
Moord
– onthou daar is tong-moord ook. Jy vervloek die persoon.
Selfmoord
– bitterheid teenoor jouself!
Wat sê die Woord oor bitterheid?
1
Joh 3:15 Elkeen wat sy broer haat is ‘n
moordenaar.
Gen
6:13 (verkort) ….deur hulle toedoen is
die aarde vol geweld.
Efes
4:31 Alle bitterheid en woede en toorn (kwaad)
en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid
Rom
3:13-17 (verkort) Bitterheid verwoes jou
en die mense om jou.
1
Thes 1:15 Sorg dat niemand ‘n ander kwaad
vir kwaad vergeld nie, maar jaag altyd na dit wat goed is, teenoor mekaar sowel
as teenoor ander.
Bitterheid
is ‘n wortel-probleem! Wat is ‘n wortel-probleem? Net soos ons plante se
wortels nie kan sien nie, so kan ons ook nie ‘n wortel-probleem sien nie.
Dieselfde met bitterheid en ander emosionele probleme soos vrees, verwerping,
skuldgevoelens ens, dit sit in mens se sielsdimensie, al wat ons kan sien is
humeurigheid, aggressie, geirreteerdheid, woede ens, ons sien nie die wortel
van hierdie probleem….bitterheid
nie.
Baie
mense wat seergekry het hou hulle seer en bitterheid binne hulle en dit broei
en groei en is ‘n dodelike gif wat mens van ontslae moet raak. Ons moet
bitterheid en die wortel daarvan uit ons sielsdimensie haal sodat ons ‘n
gesonde geestelike, emosionele, maatskaplike en sosioale lewe kan lei, asook om
te voorkom dat ons ‘n oop kanaal kan wees vir demoniese magte.
Hoe doen ons dit?
Deur
verfignis!! Deur dit as sonde te
bely en dit na Jesus te vat vir genesing. Laat die Liefde van ons Here Jesus
jou siel genees.
Onthou
om iemand te vergewe beteken nie jy stem saam met wat die persoon gedoen het
nie, dit beteken net dat jy verkies om nie langer dit wat seermaak, vas te hou
en dit te koester nie. Jy vergewe vir
jouself! Sodat jy emosioneel kan genees en sodat jy geestelik kan groei.
Satan
is die een wat jou heeltyd herinner aan wat daai persoon aan jou gedoen het,
Paulus waarsku ons in die Woord deur te sê….Gee aan die vyand geen plek nie,
weerstaan hom en hy sal van jou wegvlug!
2
Kor 10:3-5 Want hoewel ons in die vlees
wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie, (4) want die wapens van
ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp
(5) terwyl ons planne verbreek en elke skans wat onderwerp word teen die kennis
van God en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.
Ef
6:11-2 Trek die volle wapenrusting van
God aan, sodat jy staande kan bly teen die liste van die duiwel.(12) Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie,
maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van dei
duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Slotsom:
Vergewe
soos God vergewe, want as jy nie vergewe nie, vergewe God jou ook nie. Vra
vergifnis omdat jy bitterheid in jou hart gekoester het en vra dat Jesus jou
verlos van bitterheid met wortel en al.
Matt 6:14&15 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe,
(15) Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie”.
Vergewe
ook jouself.
Jesus
Liefde
Indien
jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my op belindapaar@gmail.com.