Ouers se so baie keer dat hulle aan al die kinders se
behoeftes voldoen, maar nogsteeds ruk die kinders hand uit.
Wat sien mens as “behoeftes”? Eerstens word behoeftes
beskryf as materiele dinge, vernaamlik goed soos voedsel, woning en kleding,
dan kom ander materiele dinge by soos “bederf” goedjies, fone, karre,
motorfietse ens.
Maar daar is iets baie grooter agter die woord. Behoefte is alles wat die mens nodig het vir
die bestaan van sy lewe!
Wat het mens dan nodig om te bestaan? Liefde is die eerste antwoord wat jy kry of
sal gee. Maar hoe onverdeel mens liefde?
Liefde is ‘n behoefte aan belangstelling, aandag,
toegeneentheid, respek, onderig e.d.m.
Maar die woord gaan verder, kinders het al hierdie
bogenoemde nodig om te bestaan en om te ontwikkel maar hulle moet ook
emosioneel, sielkundig en godsdienstig ontwikkel.
Wangedrag by kinders kom voor omdat hulle verwaarloos is, en
met dit bedoel ek nie vuil klere dra, swak gevoed word of liggaamlik vuil is of
in slordige huise woon nie, maar dat hulle emosioneel verwaarloos word.
God se ons moet leef tot eer van Hom, daarom het Hy ons
geskape met ‘n onsterfbare siel sodat ons ‘n ewigheidsbestemming kan ontvang. Om te leef tot eer van God moet ons sielkundig ontwikkel.
Sielkundige ontwikkeling is om te leer om lief te he, om aandag te gee, om goed
te deel, om omtegee, om God te ken, om skoolonderrig te he, om ‘n familieband
te ken, om vrede te bewaar ens.
Hoe en waar leer kinders dit? Eerstens by die huis, dan by
die skool, in die gemeenskap en ook by die kerk.
Verwaarlosing van ‘n kind kan beskryf word as ‘n “te kort” d.w.s. dat
die kind dinge wat hy nodig het moet ontbeer. Dit is duidelik dat in kinders
wat wangedrag toon dat daar ‘n duidelike gemis aan gemeenskapsontwikkeling of
gemeenskapsgevoel aanwesig is. Wanneer ‘n kind nie gemeenskapsgevoel ontwikkel
het nie, ontstaan ‘n minderwaardigheidsgevoel, ‘n gevoel dat hulle nerens
inskakel nie, of nerens hoort nie. Die gevoel bring mee dat die kind na die
buitewereld beweeg om aanvaar te word, en dan sodoende met verkeerde vriende
deurmekaar raak.
Sodra die kind voel dat hulle “inpas” in die verkeerde groep
vriende begin hulle die gevoel van wrokkigheid en selfs vyandigheid teenoor die
huisgesin ontwikkel en gee aanleiding tot wangedrag.
Wanneer ‘n kind se ouer-kind-verhouding versteur is en die
kind voel dat hy ongewens en in die pad is, kan gevoelens van toegeneentheid (liefde)
nie ontwikkel nie.
Ons almal het ‘n behoefte daaraan om aanvaar te word, om in
te pas, om deel te wees, om liefde te ervaar, en wanneer ons dit nie ontvang
nie begin ons rebels op tree, depressie tree in, minderwaardigheid ontstaan,
swak selfbeeld ontwikkel ens, en om ‘n “eie-identiteit” te ontwikkel raak
kinders betrokke by dinge waar hulle nie betrokke moet raak nie.
Hierdie tipe van verwaarlosing gebeur in die kind se
ontwikkelingsjare, maar kom meeste van die tyd eers uit wanneer die kinders
tieners word, wanneer hulle voel hulle is nou oud en groot genoeg om op hulle
eie houdjie voort te gaan.
‘n Studie wat gedoen was op wetsoortredende gedrag onder
tieners het getoon dat kinders van alle soorte agtergronde later die
wetoortree, so dit is nie net kinders wat in minderbevoorregte woonbuurte woon
wat later hand uitruk nie. Die studie het bewys dat dit kinders is wat
emosioneel verwaarloos was, van enige buurt, ras, en agtergrond.
God het jou as ouer genoeg vertrou om vir jou ‘n kind te
gee, maak jou kinders Godsvresend groot, met God se liefde en aandag, luister
as jou kind met jou praat, wees deel van hulle lewens, maak tyd vir hulle sodat
hulle siele kan ontwikkel soos God dit beplan het.
Jesus groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com