Friday 17 February 2012

Hoekom het sekere mense ‘n drank probleem?

English: Resurrection of ChristImage via Wikipedia




‘n Drank probleem het niks met die mens self te doen nie, en die stigma wat om alkoholisme is, is niks anders as onregverdig nie.

Mense wat na drank gryp doen dit as ‘n “verlossing” van iets wat veel dieper le as ne “nog ‘n dop”. Hierdie mens het ‘n emosionele probleem wat hulle voel is vergete, of onderbeheer, of vir solank hulle gedrink is, nie seer nie.

Ek kan nie met sekerheid se dat dit 100% by elke persoon die geval is nie maar ek sal so ver gaan om te se dit is met 99% van alle alkoholiste die geval. 

Verwerping is ‘n baie groot sondebok van verslawing aan drank en dwelms.

Alkoholiste gryp na drank as ‘n “toevlugsoord” om beter te voel, dit is ook ‘n middel wat gebruik kan word om “aanvaar” te word tussen vriende wat ook drank misbruik. Mens kan wel se dat hy/sy saam met die “suiplappe” uithang maar die waarheid is, voels van enerste vere, vlieg saam, hierdie is almal mense met emosionele probleme, en daarom kom hulle goed oor die weg.

Drank en dronk word is teenstrydig met God se Woord en daarom het satan ‘n baie sterk houvas op iemand wat drank misbruik. Dit is maklik vir iemand wat nie verslaaf is, om vir die verslaafde te se wees net sterk en los dit, maar die mag wat agter die verslawing sit, is baie keer sterker as die wil van die mens self.

Probleme wat gepaard gaan met drank is, bakleiery, geweldadigheid, steel, lieg, bedrieg, ens en dit is nie altyd maklik vir die geliefdes in die persoon se lewe om met so persoon saam te leef nie.

Agter elke negatiewe emosie is daar ‘n demoon m.a.w. demoon van baklei, demoon van geweld, demoon van steel, lieg, bedrieg ens en hierdie is die probleem wat verwyder moet word.

My raad is as jy iemand ken met die probleem, probeer om die persoon by ‘n pastoor of Christelike berader te kry. Die persoon moet gehelp word deur die krag van Jesus. Ek weet dit is nie altyd maklik nie omdat hulle gewoonlik nie dink hulle het ‘n drank probleem nie, en as hulle weet, is hulle te skaam om te gaan vir hulp, veral by iemand geestelik.

Probeer die persoon oortuig dat die Pastoor met sulke mense werk en alles gewoond is, dat hulle verstaan dit is ‘n mag buite jou beheer, en nie omdat jy ‘n slegte /swak mens is nie.

Ongelukkig kan geen bevryding op iemand gedoen word as hulle dit nie WIL doen nie, in so geval stel ek voor dat die familie vir die persoon bid, satan verjaag, vloeke afsny wat oor die persoon uitgespreek was soos “hy/sys al nooit ophou drink nie”, en God vertrou om die persoon te help, bid vir verlossing deur Jesus, bid vir ‘n Goddelike deurbraak in sy/haar lewe, bid vir hulle veiligheid en pleit die Bloed oor hulle alle tye, vra Jesus om hulle wilskrag te gee om weg te draai, om nee te se, en onthou altyd om dankie te se al sien jy nie die verskil nie, geloof is om ons hoop op iets te sit wat ons nog nie gesien het nie, en laastens moet NOOIT moed opgee nie, hierdie persoon het jou gebede nodig omdat hulle nie self kan bid nie.


Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...